Skip to content Skip to footer
IN THE MEDIA

Mooiuitsig belê en glo in die plaaslike jeug

Die opleiding en bemagtiging van die jeug druk diep op die hart van die Mooiuitsig-groep. Daarom bewillig hul jaarliks fondse om aan projekte en plaaslike skole in die Bonnievale-omgewing te skenk. Dit sluit die uitmuntende Jakes Gerwel Tegniese Skool en Bonnievale Hoërskool in.

“Mooiuitsig — net soos ander landboubesighede in die distrik — is afhanklik van top gehalte, geletterde werknemers en daarom belê ons graag dáár waar ons „n verskil kan maak. Dit is wonderlik om uitsonderlike instansies te hê met die vaardigheid en kennis om ons plaaslike gemeenskap op te hef, op te lei en ook toekomsgerigte loopbaan-opsies aan ons jeug te bied,” sê Olive Jonker, voorsitter van die gevestigde Mooiuitsig-groep. Haar seuns, Nicolaas en Michiel, is huidiglik die vyfde geslag wat die bestuur van die suksesvolle familiebesigheid oorgeneem het.

Volgens Jonker word hul donasie onder meer aangewend om uitstaande skoolfonds en leerkragte se salarisse mee aan te vul, vir algemene instandhouding en om nuwe projekte uit te rol.

“Die ondersteuning van projekte en opleidingsinstansies wat ons jeug se potensiaal tot die uiterste ontgin kan mens as‟t ware nie as “terugploeg‟ sien nie. Myns insiens is dit eerder „n vorentoe-kyk, pro-aktiewe bydrae tot „n sterker Suid-Afrika. Soos oudpresident Nelson Mandela gesê het: Kinders is die rots waarop ons toekoms gebou word. Daarom is dit elkeen van ons se plig om, op welke manier okal, ‘n verskil in die lewe van’n kind te maak,” sê sy.

UITGEREIK DEUR: Mooiuitsig-groep
DATUM: 17 Oktober 2022
VIR VERDERE NAVRAE KONTAK:
Olive Jonker
Tel: 0825753831